SA se eerste speaker in 1994 vier 90ste verjaardag

Die Suid-Afrikaanse parlement se voorsittende beamptes het goeie wense gestuur aan die struggle-staatmaker Frene Ginwala wat vandag haar 90ste verjaarsdag vier. Ginwala was in 1994 die eerste speaker van ‘n demokratiese Suid-Afrika na apartheid. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê Ginwala het ‘n groot rol gespeel in die ANC-regering met haar vreeslose aktivisme […]

Read More

Spaanse tiener dring deur na tennis se top-10

Tennis: Die Spaanse tiener, Carlos Alcaraz, het deurgedring na die top-tien in die spel toe hy in sy vaderland die Barcelona Ope-titel ingepalm het. Die 18-jarige skuif twee plekke op na nommer nege, nadat hy sy landgenoot Pablo Carreño Busta in skoon stelle geklop het. Novak Djokovic van Serwië is steeds bo-aan die ranglys, gevolg deur Daniil Medvedev van Rusland, die Duitser Alexander Zverev en die Spaanse […]

Read More

KwaZulu-Natal wil toeriste teruglok

Toerisme-operateurs en besighede in KwaZulu-Natal is druk besig om geboue, fasiliteite en paaie te herstel om weer toeriste ná verlede week se verwoestende vloede daar terug te lok. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.

Read More

Stad Windhoek keur 63 bouplanne van woon-eenhede in Maart goed

Nuwe woon-eenhede was die tweede grootste bydraer tot die bouplanne wat deur Stad Windhoek in Maart goedgekeur is, met 63 nuwe eenhede ter waarde van 41,8 miljoen Namibiese dollar wat geregistreer is, wat ‘n afname van 51,9 persent op ‘n jaargrondslag verteenwoordig vanaf die 86,9 miljoen se goedkeurings in Maart 2021. Die aantal goedgekeurde woon-eenhede het met […]

Read More

DA in Gauteng bekommerd oor vyfde Covid-vlaag

Die DA in Gauteng is bekommerd die provinsiale departement van gesondheid het nie doeltreffende leierskap terwyl Covid-19-gevalle opskiet in ‘n waarskynlike vyfde vlaag soos die winter naderkom nie. Die waarnemente hoof van die departement, Sibongile Zungu, is verlede maand vir onbekende redes weg, en niemand is nog in haar pos aangestel nie. Jack Bloom van […]

Read More

UJ gee hawelose gergradueerde oudstudent hoop

‘n Dosent aan die Universiteit van Johannesburg, Brett Bennett, het met ‘n skare-insamelingsveldtog begin om sy oud-student, Gibson Nzimande, by te staan. Nzimande was ‘n meesterstudent aan die universiteit en het in 2019 sy huis verloor toe sy ma oorlede is. Hy herwin nou afval in Sandton. Nzimande sê al het finansiële uitdagings hom gedwing […]

Read More

Namibiese Vroue-krieketspan klop Uganda met vyf paaltjies

Die Namibiese Vroue-krieketspan het hul laaste wedstryd teen Uganda met vyf paaltjies gewen. Edelle van Zyl van Namibië is as die speler van die wedstryd aangewys. Die Eagles speel môremiddag om twee-uur teen Zimbabwe in die Capricorn driehoekige reeksfinaal in Windhoek. 

Read More

Bees- en skaapuitvoere neem toe

Die Namibiese veesektor het op ‘n kwartaalgrondslag positiewe groei aangeteken, waar verbeterings in bees- en skaapslagtings deur uitvoer-abattoirs hoofsaaklik groei in die sektor ondersteun het. Bees- en skaap-uitvoere het in die eerste kwartaal van 2022 onderskeidelik met 137 persent en 35 persent toegeneem, vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Theo Klein van Simonis Storm in […]

Read More

Namib Mills sê hy het vergaderingdatum vir NEFF gegee

Namib Mills het gereageer op die sogenaamde arbeidsaktiviste van die Namibia Economic Freedom Fighters se versoek op ‘n vergadering ná klagtes van personeel. Vandag het die aktiviste weer by die maatskappy opgedaag en toe daar nie gehoor aan hulle gegee is nie, het hulle die hek waar die vragmotors deurbeweeg, versper. Volgens die uitvoerende hoof […]

Read More

Wêrelddag vir Malaria vandag herdenk

Vandag word Wêrelddag vir Malaria herdenk. In 2020 is 13 600 malaria-gevalle en 40 sterftes in Namibië aangemeld. Die Namibiese gesondheidsministerie se teiken is om malaria teen 2023 heeltemal uit te wis. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe, is aan die woord.

Read More