Ekonoom sê hoe sanksies Rusland gaan raak

Verskeie Westerse nasies het Rusland met finansiële sanksies gestraf. Dit volg nadat Rusland twee selfverklaarde republieke, Donetsk en Luhansk, in die ooste van Oekraïne erken en soldate daarheen gestuur het. Die Verenigde State, die Europese Unie, Brittanje, Australië en Kanada het planne aangekondig om banke en elite’s te teiken terwyl Duitsland ‘n groot gaspypleidingprojek vanaf […]

Read More

SA opposisiepartye tevrede met begroting

Die Inkatha Vryheidsparty sê die begroting wat die minister van finansies, Enoch Godongwana, voorgelê het, moet verwelkom word. Hy beskryf dit as een van die mees gebalanseerde begrotings in jare. Die ACDP sê Suid-Afrikaners sal tevrede wees met die begrotingsrede vandag in die parlement. Die ACDP se hoofsweep, Steve Swart, sê ondanks die aankondiging van […]

Read More

McHenry Venaani kap Rusland

Die amptelike opposisieleier, McHenry Venaani, is ontevrede oor die Russiese Federasie se optrede teen die Oekraïne, aangesien hy sê die huidige krisis die onafhanklikheid en selfbeskikking van baie Afrikalande weerspieël wat grense geërf het, wat getrek is deur voormalige koloniale moondhede wat nie by historiese en kulturele bande gehou het nie. Venaani veroordeel die optrede […]

Read More

Derde deel van staatskapingsverslag met twee maande uitgestel

Die ondersoek na staatskaping is nog twee maande gegun om die derde deel van sy verslag te voltooi en te oorhandig. Die hooggeregshof in Pretoria het President Cyril Ramaphosa ook vier maande gegee om te reageer op die laaste deel van die verslag. Die derde deel sluit bevindings in wat verband hou met die sluiting […]

Read More

SA tesourie gaan met belastingmeevaller lenings verminder

Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die tesourie sal die regering se belasting-meevaller van 180 miljard rand gebruik om lenings te verminder en die begrotingstekort te verlaag. Suid-Afrika sal na verwagting sy grootste belasting-opname ooit van 1,55-triljoen rand aanteken wanneer die boekjaar aan die einde van volgende maand sluit. Ons korrespondent in Kaapstad, […]

Read More

Twee Covid-sterftes in Katima Mulilo aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-sterftes by Katima Mulilo aangemeld, asook 26 nuwe gevalle uit 1 232 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 2,1 persent verteenwoordig. In die groep is vyf leerders van verskillende skole, asook een gesondheidswerker. Daar is nou 2 564 aktiewe gevalle, waarvan 37 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. […]

Read More

Tax Justice SA: Styging in sondebelasting lei tot onwettige handel

Tax Justice South Africa waarsku die verhoging in sondebelasting voorspel nog groter wins vir misdadigers in onwettige handel. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het in sy begrotingsrede aangekondig ‘n blikkie bier of sider sal 11 sent duurder wees en ‘n bottel vonkelwyn 76-sent duurder. ‘n Bottel spiritus kos vier rand 83 sent meer en […]

Read More

Visrivier se vlak by Ai-Ais is 1,32 meter

Volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste het die Visrivier se vlak vanmiddag by Ai-Ais op 1,32 meter gestaan en die Kuisebrivier se vlak is 0,40 meter by die Gobabeb-navorsingsentrum. Die Oranjerivier se vlak het vanoggend by Blouputs tot 2,05 meter gedaal. Die Zambezirivier by Katima Mulilo styg steeds en het vanoggend tot 2,51 meter gestyg wat […]

Read More

Kletsrymer Ricky Rick sterf

Die Suid-Afrikaanse kletsrym-ikoon Ricky Rick is oorlede. ‘n Familiewoordvoerder, Sheikani Makhado, sê die 34-jarige het vanoggend gesterf. Die oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie, maar verskeie publikasies bespiegel dat die musikant sy eie lewe geneem het. ‘n Nabye kollega aan Ricky, wie se regte naam Rikhado Muziwendlovu Makhado is, bevestig die musikant […]

Read More

Omgewingsbelegginsfonds en MTC skenk elk N$200 000 aan saadbank in Kavango-Wes

Die Omgewingsbeleggingsfonds gaan soos MTC, ook 200 000 Namibiese dollar einde Maart bydra tot die gemeenskapsaadbank-projek van die Sarukwe-nedersetting in die Ncuncuni-kiesafdeling van die Kavango-Wes-streek. Die uitvoerende hoof van die fonds, Benedict Libanda, sê die saad-genebank moet ondersteun word om die toekoms se biodiversiteit te verseker. Lot Ndamanomhata, die korporatiewe kommunikasiebestuurder van die fonds, gesels […]

Read More