Belangrike vergadering vir Brakwater, Elisenheim vandag

Stad Windhoek nooi inwoners van Brakwater en Elisenheim uit om vandag ‘n belangrike vergadering by Elisenheim by te woon oor die stadsraad se besluite oor die uitgebreide grense van die stad en gepaardgaande eiendomsbelasting-tariewe. Veral Brakwater-inwoners is hoogs ontevrede oor dié hoër belastingtariewe en sê hul ontvang nie dienste nie. Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, Lydia Amutenya, sê ‘n vergadering vir Finkenstein-inwoners vind ook in Mei plaas.