SA se tronke is oorvol en onderbeman

Die Suid-Afrikaanse polisie- en gevangenisdiens-vakbond Popcru is bekommerd oor die toestand van Suid-Afrika se gevangenisse. Die vakbond het kommer uitgespreek oor verskeie gevare waarmee bewaarders te kamp het. Veteraan-lid Johnny Jansen sê die vakbond is bekommer oor oorbevolking en ‘n tekort aan personeel:

Read More

Putin sal onderhandel as Oekraïnse magte wapens neerlê

Die Russiese President Vladimir Putin is gereed om ‘n afvaardiging na Minsk, die hoofstad van Belarus, te stuur vir onderhandelings met Oekraïne, mits die land se weermag hulle wapens neerlê. Die nuus kom te midde van naderende Russiese troep in Kiëf. Hulle is reeds by die stad se buitewyke en het weermagbasisse reeds aangeval. Media […]

Read More

STOP RUSSISM!

We can beat it together If you opened this webpage, this means you’ve experienced the impact of RUSSISM on your life. You’re ready to do something about it, yet, you don’t know how. Join our online resistance! We’re collecting great action ideas on this Trello board, structure and organize them, and provide instructions for you […]

Read More

Brandstofpryse vir Maart eers Maandag bekend

Namibiese motoriste sal tot Maandag moet wag om te hoor of brandstofpryse vir Maart volgende Woensdag gaan styg of nie. Midde die konflik in die Oekraïne, word reuse-stygings in brandstofpryse volgens ekonome verwag. Die woordvoerder van die ministerie van myne en energie, Andreas Simon, sê daar sal Maandag ‘n mediakonferensie in die verband gehou word.

Read More

Miljoene dosisse Covid-entstowwe gaan in SA verlore gaan

Suid-Afrika staar die verlies van miljoene dossise Covid-entstowwe in die gesig as meer inwoners nie binne die volgende paar weke vir hul inenting gaan nie. Die land se gesondheidsdepartement waarsku dat miljoene entstof-dosisse moontlik vernietig moet word indien daar nie ‘n beduidende toename is in mense wat hulle laat inent nie. Fritz Platt, ons korrespondent […]

Read More

Zambezirivier se vlak bly styg, Okavangorivier daal

Die Hidrologiese Dienste van Namibië maan dat die Zambezirivier by Katima Mulilo steeds besig is om te styg en het vanoggend op 2,57 meter gestaan wat bo-normaal is. Die Okavangorivier se vlak het met twee sentimeter by Rundu gedaal en staan nou op 5,25 meter wat nog steeds hoër is as die ooreenstemmende tyd verlede […]

Read More

Toewysing van huise in SA gaan binnekort digitaal geskied

Die Suid-Afrikaanse departement van menslike nedersettings sê die toewysing van huise gaan binnekort gedigitaliseer word, sodat die publiek hulle status kan dophou. Die departement sê dit is om deursigtigheid aan te moedig en om korrupte bedrywighede in die toekenning van behuisingsgeleenthede uit te skakel. Die regering gaan programme herrangskik ten einde te fokus op die […]

Read More

Pres. Ramaphosa dank nasionale polisiekommissaris af

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die kontrak van nasionale polisiekommissaris Khehla Sitole beëindig. Albei partye het tot die ooreenkoms ingestem en dit word op 31 Maart van krag. Ramaphosa se woordvoerder, Tyrone Seale, sê Sitole stem saam die beëindiging van sy kontrak is in die land se beste belang.

Read More

Man pleeg selfmoord ná hy glo eksmeisie vermoor

Die Namibiese polisie se streeksbevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, het vandag die dood van ‘n swanger vrou bevestig. Na bewering is sy deur haar eks-kêrel by haar werk in Khomasdal in Windhoek vermoor, omdat sy swanger van ‘n ander man is. Die man het glo die vrou verskeie kere met ‘n mes gesteek, […]

Read More

Oekraïnse President vra hulp, Moskou bly normaal

Oekraïne se president, Wolodimir Zelensky, het Europeërs met krygs-ervaring gevra om wapen op te neem en sy land teen invallende Russiese magte te verdedig. Sy dramatiese oproep om hulp volg terwyl Russiese soldate Oekraïne se hoofstad, Kiëf, nader en sommige eenhede volgens berigte reeds die stad se noordelike gebiede bereik het. Die 44-jarige leier sê […]

Read More