Eksplorasie brei plaaslik uit

Eksplorasie in Namibië het uitgebrei en uitgawes deur mynmaatskappye met 57 persent toegeneem. Volgens die Kamer van Mynwese is 264,5 miljoen Namibiese dollar in 2020 op die aktiwiteite bestee teenoor 416,7 miljoen dollar in 2021. Die uitvoerende hoof van die kamer, Veston Malangu sê goeie kommoditeitspryse het ook bygedra na die toename.