KZN was nie gereed nie

Die DA in KwaZulu-Natal sê die provinsiale regering het ‘n beroerde rekord wat die besteding van rampverligtingsfondse betref. Daarom het die party premier Sihle Zikalala gevra om ‘n onafhanklike liggaam aan te stel om ‘n akkurate kosteberaming te doen van die skade wat onlangse oorstromings veroorsaak het. Die beraamde vloedskade is nagenoeg 17 miljard Suid-Afrikaanse rand. Francois Rodgers van die DA sê hulle is daartoe verbind om staatsfondse te beskerm: