Groot afwagting vir môre se laaste eendagstryd tussen SA en Zim

Môre se derde en laaste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika A en Zimbabwe in Harare sal die reeks beslis nadat die besoekers gister se tweede kragmeting met 51 lopies gewen het volgens die Duckworth/Lewis-metode. Suid-Afrika het 266 vir ses in hulle 50 boulbeurte aangeteken te danke aan Reeza Hendricks se 102 en Ryan Rickelton se 63. ‘n Weersonderbreking het beteken die gashere moes 145 haal in 20 boulbeurte, maar hulle is beperk tot 93 vir vier. Zimbabwe het die eerste kragmeting met vyf lopies gewen.