Johannesburg stel beleid in vir informele handel

Die raad van die Stad Johannesburg het die instelling goedgekeur van die lang-verwagte informele handelsbeleid. Nes ander Afrika-stede, Windhoek ingesluit, het Johannesburg ook uitdagings met ongereguleerde informele handel. Johannesburg se beleid is van 2018 af in konsepvorm. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, Nkululeko Mbundu, sê die beleid is intussen aangeneem wat die weg baan vir ‘n georganiseerde informele handelsektor: