Oekraïne: Om niks te doen nie is die ergste provokasie

Die Verenigde Koninkryk se minister van buitelandse sake, Liz Truss, doen ‘n beroep op lande wat Rusland se inval in Oekraïne veroordeel, om hulp aan Kiëf te verdubbel en swaar wapens aan die land te verskaf. Sy beskryf die Russiese President Vladimir Putin as ‘n desperate skurk met geen respek vir internasionale norme nie.