Skerp daling in koste van vleisprosessering – ekonoom reageer

Die Namibiese Statistieke-agentskap het die produsente-prysindeks vir die vierde kwartaal van verlede jaar bekend gemaak. Alles het gestyg, behalwe van die koste van die prosessering van vleis wat slaghuise, verpakking en ook ingesoute en gerookte vleis insluit. Kostes het met 59,5 persentasie punte in die vierde kwartaal gedaal na 1,4 persent teenoor 60,9 persent wat […]

Read More

‘Blokkade’ van koring is kommerwekkend, ook vir ons

Reaksie word ontvang op berigte dat President Vladimir Putin skepe met koring in die Swartsee voorkeer. Daar is reeds kommer oor ontwrigting in verskaffing omdat die Oekraïne en Rusland die wêreld se top produsente van koring wêreldwyd is. Ian Collard, die hoof uitvoerende beampte van die NMI Groep, sê ons moet kommer hê.

Read More

TB is plaaslik steeds ‘n groot probleem, Nam is 5de gepaas in die wêreld

Vandag word Wêreld Tuberkulose-dag herdenk. Namibië lê vyfde ter wêreld geplaas in die voorkoms van TB en het ‘n gemiddeld van 442 gevalle per 100 000 mense. Die uitvoerende direkteur in die gesondheidsministerie, Ben Nangombe sê tuberkulose bly plaaslik ‘n groot uitdaging.

Read More

ABBA in Swede vereer vir musiekbydrae

ABBA het Swede se musiekuitvoerprys gewen vir hul bydrae tot Sweedse musiek in 2021, waartydens hulle hul eerste nuwe materiaal in 40 jaar vrygestel het tot beide die verbasing en vreugde van aanhangers. Volgens die Sweedse regering si dit vanjaar 50 jaar en meer as 400 miljoen plate later, sedert ABBA gestig is. Wat hulle in 1972  begin het, […]

Read More

SARB kan rentekoers met selfs meer as 25 basispunte opstoot

Suid-Afrikaners sal moet wag om te sien of die Suid-Afrikaanse Reserwebank vandag die rentekoers gaan verhoog. Dit is wel ‘n moontlikheid weens die stygende oliepryse wat tot hoë inflasie lei namate die Russies-Oekraïense konflik voortduur. Statistieke SA het gister onthul inflasie staan op 5,7 persent, terwyl die prima uitleenkoers nou 7,5 persent is. Investec se […]

Read More

Stoltenberg gesels oor Navo-vergadering

Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie vergader vandag in Brussel oor die konflik in Oos-Europa. Leiers van die 27 lidlande is teenwoordig. Navo se sekretaris-generaal Jens Stoltenberg sê verskeie kwessies sal aangespreek word.

Read More

Om saam met Putin by G20 te vergader is een te veel

Die eerste minister van Australië, Scott Morrison, sê die blote gedagte om by die G20-beraad later vanjaar in Indonesië aan een tafel saam met President Vladimir Putin van Rusland te sit, is een te veel. Die Russiese ambassadeur in Indonesië het gister bevestig Putin beplan om die G20-beraad by te woon. Die ambassadeur het sommige […]

Read More

Groot fees vandag in Dubai

Namibië vier vandag Nasionale Dag by die 2022 Dubai Ekspo. ‘n Braaidag word ook vandag gehou. President Hage Geingob is in Dubai en het gister ook gasheer gespeel vir ‘n beleggingsberaad wat gehou was. Geingob het vanoggend die media toegespreek… ‘n Optog word vir later vandag beplan en glanspersoonlikhede soos Gazza, Ees, Mej. Supranational Chanique Rabe, Christine Mboma en Beatrice Masilingi sal daaraan deelneem. Die Namibiese […]

Read More

Webtuiste vir etiese toerisme in SA

Die Suid-Afrikaanse bewaringsgroep WildChoices het ‘n webblad begin wat toeroperateurs en reisigers help om etiese keuses te maak oor wildlewe-toerismebestemmings in die buurland. ‘n Woordvoerder sê die aanlyn-hulpmiddel help mense om bestemmings te vermy wat oneties optree en diere vir wins misbruik. WildChoices identifiseer op die webblad wildlewe-instellings wat aan toeriste besienswaardighede en -aktiwiteite bied, gaan die instellings na en klassifiseer elkeen in […]

Read More

Epstein se eilande word verkoop

Private Karibiese eilande wat deur die oorlede seksoortreder en finansierder Jeffrey Epstein besit word, is in die mark gesit en sommige kenners meen die twee eilande kan tot 125 miljoen Amerikaanse dollar behaal. ’n Prokureur vir Epstein se boedel Daniel Weiner het bevestig dat die twee eilande – Little St. James en Great St. James […]

Read More