SA se parlement moet meer doeltreffend wees

Die DA in Suid-Afrika sê die stryd teen korrupsie kan net gewen word met ‘n doeltreffende parlement wat sy oorsigrol ernstig opneem. Volgens die parlementêre regsdiens keer niks parlementslede om die staatskapingskommissie se verslae te verwerk nie. Dit ten spyte van die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, se verklaring dat hulle moet wag totdat President Cyril Ramaphosa die finale verslag indien. Die DA-woordvoerder, Siviwe Gwarube, sê Ramaphosa se voorlegging aan die parlement hou net verband met die uitvoerende gesag se gevolgebestuur: