Vier Haai-kontrakte verleng

Die Haaie het die kontrakte van vier spelers verleng. Die slot-paar Reniel Hugo en Emile van Heerden het hul verblyf in Durban tot 2025 verleng, terwyl die stut Dian Bleuler en heelagter Anthony Volmink hul kontrakte tot 2024 hernu het. Die Haaie het ook onlangs die Springbok-senter Rohan Janse van Rensburg van die Engelse klub Sale Sharks aan boord gekry, asook die twee Leeus Vincent Tshituka en Carlu Sadie. Die Haaie sal Ulster Vrydag in die Verenigde Rugbykampioenskap die stryd aansê.