Koste van data moet aangespreek word – dis ‘n mensereg

Statistica berig dat Namibië die vyfde duurste Afrika-land is vir toegang tot data en die internet. Afrika val agter in die verband en toegang tot inligting, en dus die internet, word as ‘n mensereg beskou. MTC het onlangs ‘n veldtog gehad waar torings uitgerol is om landelike gemeenskappe met die internet te verbind maar die koste daarvan hou baie verbruikers terug. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige ombud, advokaat John Walters gepraat.