NEFF kom bymekaar buite Katutura-hof

‘n Redelike groot groep ondersteuners van Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma het bymekaar gekom by die landdroshof in Katutura waar die twee, saam met ses ander vanoggend sal verskyn. Dit volg van die chaos by China Town verlede week Donderdag en Vrydagoggend. Die Namibia Economic Freedom Fighters se vise-president Kalimbo Iipumbu het met die media gepraat.  

Die leier van die amptelike opposisie, die PDM, McHenry Venaani, wat ook op sy sosiale media platforms ondersteuning vir die twee uitgespreek het, is ook teenwoordig.