Kripto-geldeenhede: Afrika-mark is nie teen wisselvalligheid bestand nie
Kenners van kripto-geldeenhede het nuwe beleggers raad gegee oor verskeie maniere om veilig te bly in hierdie wisselvallige tyd in die mark. Dit volg nadat vele kripto-miljardêrs alles verloor het toe die mark ineengestort het en miljarde dollar in waarde uitgewis het. Volgens die besturende direkteur van Fintech, Tony Mallam, is Afrika suid van die […]
NamRA is sat, NEFF ruk weer vandag op, bank soek Amushelelo se kar
Die Namibië-inkomste-agentskap, NamRA, is nie gelukkig met die bewerings dat ander partye dit laat lyk of NamRA die lewensbestaan van Namibiërs teiken deur nagemaakte goedere te konfiskeer nie. Dit kom nadat die agentskap dit bekend gemaak het dat hulle vervalste goedere ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar vernietig het wat gekonfiskeer is […]
Matie gaan klag lê teen Du Toit
‘n Student aan die Universiteit Stellenbosch, Babalo Ndwayana, op wie se besittings ‘n medestudent geurineer het, het besluit om voort te gaan met strafregtelike klagtes. ‘n Video wat intussen soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het, wys hoe Theuns du Toit op Ndwayana se lessenaar urineer, onder meer op sy boeke en ‘n skootrekenaar […]
Wit heerssugtigheid is giftig – Biden
Die Amerikaanse President Joe Biden het wit heerssugtiges veroordeel wat rassistiese samesweringsteorieë versprei. Hy en sy vrou, Jill Biden, was in Buffalo, New York, waar hulle respek betuig het by ‘n tydelike gedenkteken buite die supermark waar tien swart mense Saterdag doodgeskiet is. Die 18-jarige verdagte het in ‘n aanlyn dokument gesê hy is ‘n […]
Rassie mag nie meer water dra nie
Rassie Erasmus se dae as waterdraer is verby. Rugbybase het ‘n proefneming goedgekeur om toegang vir nie-spelende personeel tot die veld te beperk. Erasmus het deurgeloop oor sy rol in die uitdeel van opdragte terwyl hy water na die spelers op die veld gevat het tydens Suid-Afrika se toetsreeks verlede jaar teen die Britse en […]
Sekuriteitswag van Cheetah-sementfabriek bly in aanhouding ná skietdood van sy kollega
Ferdinantius Philander, die 32-jarige sekuriteitswag wat daarvan beskuldig word dat hy sy kollega die naweek by die Cheetah-sementfabriek doodgeskiet het, het vandag sy eerste verskyning voor landdros Karl Muyeghu in die Otjiwarongo-landdroshof gemaak. Philander het aan staatsaanklaer Joas Neemwatya gesê dat dit ‘n ongeluk was toe hy die 23-jarige Jose Albano Samba Vrydagaand in die maag geskiet het. Philander bly in aanhouding en sy saak is tot 5 Julie uitgestel.
Sperdatum nader vir voorleggings aan polisie-ombud oor sluiting van dwelmhuise
Wes-Kapenaars het drie dae oor om voorleggings aan die provinsiale polisie-ombud te doen oor die polisie se ondoeltreffendheid om die bedryf van dwelmhuise te bekamp. Die ombud, Oswald Reddy, het in April ‘n kennisgewing in die Provinsiale Staatskoerant gepubliseer wat ‘n ondersoek rakende hierdie ondoeltreffendheid aankondig. Die LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê […]
Pres. Biden keur herontplooiing van Amerikaanse soldate in Somalië goed
Amerikaanse President Joe Biden het die herontplooiing van Amerikaanse soldate in Somalië goedgekeur nadat die Pentagon dit versoek het in die stryd teen die militante groep al-Shabaab. Die Pentagon het gesê die troepe sal nie direk in gevegs-operasies veg nie, maar werk om Somaliese magte op te lei, te adviseer en toe te rus. Biden […]
Nege-jarige Namibiër slaan sokkerkontrak by Liverpool los
’n Nege-jarige Namibiese seun Özil Hembapu het die eerste Namibiër geword wat ‘n kontrak met die Engelse Premierliga-reus Liverpool-klub onderteken het. Hembapu, wat na die voormalige Arsenal en Duitse internasionale speler Mesut Özil vernoem is, sal deel wees van die Reds Sokker-akademie waar hy sy groei en ontwikkeling sal voortsit. Die jongeling het die klub […]
Transnet begin stralerbrandstof na OR Tambo-lughawe verhoog
Transnet sê hy het begin om die voorrade van stralerbrandstof aan die OR Tambo Internasionale Lughawe te verhoog om die tekort wat tans by die lughawe ervaar word, aan te spreek. Die kwynende voorrade van die brandstof het verskeie internasionale vlugte geraak, met lugrederye wat vlugte na ander lughawens moes herlei om hul brandstofvoorrade aan […]