Matie gaan klag lê teen Du Toit

‘n Student aan die Universiteit Stellenbosch, Babalo Ndwayana, op wie se besittings ‘n medestudent geurineer het, het besluit om voort te gaan met strafregtelike klagtes. ‘n Video wat intussen soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei het, wys hoe Theuns du Toit op Ndwayana se lessenaar urineer, onder meer op sy boeke en ‘n skootrekenaar wat glo by die universiteit geleen is. Die video, wat Ndwayana self opgeneem het, het woede ontketen, met baie wat die gedrag as rassisties bestempel. Du Toit is geskors, maar baie, insluitend studente-organisasies, is woedend.