Sekuriteitswag van Cheetah-sementfabriek bly in aanhouding ná skietdood van sy kollega

Ferdinantius Philander, die 32-jarige sekuriteitswag wat daarvan beskuldig word dat hy sy kollega die naweek by die Cheetah-sementfabriek doodgeskiet het, het vandag sy eerste verskyning voor landdros Karl Muyeghu in die Otjiwarongo-landdroshof gemaak. Philander het aan staatsaanklaer Joas Neemwatya gesê dat dit ‘n ongeluk was toe hy die 23-jarige Jose Albano Samba Vrydagaand in die maag geskiet het. Philander bly in aanhouding en sy saak is tot 5 Julie uitgestel.