NamRA is sat, NEFF ruk weer vandag op, bank soek Amushelelo se kar

Die Namibië-inkomste-agentskap, NamRA, is nie gelukkig met die bewerings dat ander partye dit laat lyk of NamRA die lewensbestaan van Namibiërs teiken deur nagemaakte goedere te konfiskeer nie. Dit kom nadat die agentskap dit bekend gemaak het dat hulle vervalste goedere ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar vernietig het wat gekonfiskeer is ná onwettige invoere in die land. Steven Ndorokaze, hoofkommunikasiebeampte by NamRA …

Intussen sal die Namibia Economic Freedom Fighters vandag weer ‘n optog hou in China Town in die hoofstad en ook opruk na die minsiteries van binnelandse sake en handel sowel as NamRA en die Chinese ambassade. Dit is verder ook nie bekend wat van Michael Amushelelo se borgaansoek in die Katutura-landdroshof sal word nie – indien hy self sal verskyn in die hoërhofsaak wat Bank Windhoek gebring het om beslag te lê op sy Mercedes AMG. ‘n Aangepaste eis sal vandag deur die bank ingedien word waarna hy die hof sal vra vir ‘n summiere vonnis in die saak wat Amushelelo verdedig.