Sperdatum nader vir voorleggings aan polisie-ombud oor sluiting van dwelmhuise

Wes-Kapenaars het drie dae oor om voorleggings aan die provinsiale polisie-ombud te doen oor die polisie se ondoeltreffendheid om die bedryf van dwelmhuise te bekamp. Die ombud, Oswald Reddy, het in April ‘n kennisgewing in die Provinsiale Staatskoerant gepubliseer wat ‘n ondersoek rakende hierdie ondoeltreffendheid aankondig. Die LUR vir Polisie-oorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê inwoners moet dringend hul voorleggings inhandig.