Rosyntjie-bedryf word ontwikkel in Noord-Kaap
Die Noord-Kaapse provinsiale regering gaan môre in samewerking met Rosyne SA die Wingerd-akademie en Modelplaas by die Hoërskool Martin Oosthuizen in Kakamas bekend stel. Die woordvoerder van die provinsiale regering, Bronwyn Thomas Abrahams, sê dis gerig op spesifieke uitdagings, onder meer arbeidsgelykheid, skaars en noodsaaklike vaardighede, swart ekonomiese bemagtiging en die gehalte van vaardighede:
Taxi-vereniging vergader uiteindelik met vervoerministerie
Die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging sal vandag uiteindelik met die vervoerministerie ontmoet. Die vergadering is sedert middel April uitgestel. Volgens die vereniging se sekretaris-generaal Pendapala Nakathingo sê verskeie kwessies, onder andere, die 15 persent verhoging in taxi-tariewe, sal onder die loep kom.
‘Namibiese jeug het genoeg gehad’
Ondersteuners van die twee lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, wat tans in die Katutura-landdroshof aansoek om borg doen, het bymekaar gekom by China Town vir nog ‘n protesaksie vandag. George Kambala van die party het aan die media gesê die Namibiese jeug het genoeg gehad. Hy sê die […]
Maties ondersoek nog ‘n rassistiese voorval
Die Universiteit Stellenbosch het bevestig hy ondersoek tans nog ‘n beweerde rassevoorval op die kampus. Volgens die universiteit het die voorval verlede Donderdag by die regsdans plaasgevind toe rassistiese aanmerkings teenoor ‘n vroulike student gemaak is. Die owerheid het die betrokke student ontmoet en haar gehelp met die proses om dit by die universiteit se gelykheidseenheid aan te gee. Dit volg […]
Russiese gimnas met ‘Z’ vir ‘n jaar uit sport verban
Die Russiese gimnas, Ivan Kuliak, wat by ‘n kompetisie ‘n Z-simbool ter ondersteuning van die Russiese oorlog gedra het, is vir ‘n jaar uit die sport verban. Die 20-jarige Kuliak wat ‘n brons medalje in die brug-item by die Apparatus-wêreldbeker in Doha ontvang het, het ‘n “Z” vertoon wat teen sy bors vasgeplak was, toe hy langs die goue medaljewenner, Illia Kovtun van die […]
Middel-inkomsteverdieners bestee 80% van salaris in eerste 5 dae
Middel-inkomsteverdieners in Suid-Afrika bestee na wat berig word tot 80 persent van hulle maandelikse salaris binne vyf dae. Dit beteken die gemiddelde middel-inkomsteverbruiker oorleef vir meer as 20 dae ‘n maand op 20 persent van hulle betaling. Die hoofbestuurder van FNB-kleinhandel Raj Makanjee glo die tendens dui ook op ‘n voortgesette kultuur van verbruik. Hy […]
Calle sê ook oor vervalste goedere
Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, het die gesprek oor vervalste goedere toegetree. Hy sê die wet moet sy gang gaan met enigiemand wat met vervalste goedere betrap word. Die voormalige finansminister sê dis onwettig, ongeag wie betrokke is. Sy aanmerkings kom na NamRA daarvan beskuldig word dat hy selektief is in sy toepassingspraktyke en doelbewus goedere wat deur Namibiese burgers besit word teiken. […]
Lugebesoedeling maak meer jaarliks dood as Covid-pandemie in totaal
Toenemende lugbesoedeling en loodvergiftiging het wêreldwye sterftes sedert 2015 op ‘n geraamde 9 miljoen per jaar te staan gebring. Volgens ‘n span wetenskaplikes het lugbesoedeling deur bedryfsprosesse tesame met verstedeliking ‘n toename van 7 persent in besoedelingverwante sterftes van 2015 tot 2019 veroorsaak. Richard Fuller, hoof van Pure Earth en deel van die navorsingspan sê anders as klimaatsverandering, malaria of MIV, ontvang besoedeling […]
Rooibos-toerisme herleef
Toerisme as gevolg van Rooibostee help om die land se toerismebedryf te laat herleef ná ‘n onlangse oplewing in die gewildheid van die tee. Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad sê meer plaaslike en internasionale reisigers wil leer oor die geskiedenis van Rooibos, asook hoe dit vanaf die plaas na die koppie vervaardig word en hoe die verskillende […]
Woods vaar uit teen Mickelson
Die vyftienmalige major-wenner, Tiger Woods, het Phil Mickelson se aanmerkings gekritiseer en ondersteun die PGA-reeks ten volle. Mickelson het maande laas aan ‘n toernooi deelgeneem ná kritiek omdat hy die Saoedi-Arabiese gholfliga ondersteun. Die 51-jarige speler sal ook vandeesweek die Amerikaanse PGA Kampioenskap, waar hy verdedigende kampioen is, misloop. Volgens Woods het verskeie spelers wat […]