Woods vaar uit teen Mickelson

Die vyftienmalige major-wenner, Tiger Woods, het Phil Mickelson se aanmerkings gekritiseer en ondersteun die PGA-reeks ten volle. Mickelson het maande laas aan ‘n toernooi deelgeneem ná kritiek omdat hy die Saoedi-Arabiese gholfliga ondersteun. Die 51-jarige speler sal ook vandeesweek die Amerikaanse PGA Kampioenskap, waar hy verdedigende kampioen is, misloop. Volgens Woods het verskeie spelers wat verbind is tot die kampioenskap en die erflating daarvan, teruggekap teen van die dinge wat Mickelson gesê het: