Russiese gimnas met ‘Z’ vir ‘n jaar uit sport verban

Die Russiese gimnas, Ivan Kuliak, wat by ‘n kompetisie ‘n Z-simbool ter ondersteuning van die Russiese oorlog gedra het, is vir ‘n jaar uit die sport verban. Die 20-jarige Kuliak wat ‘n brons medalje in die brug-item by die Apparatus-wêreldbeker in Doha ontvang het, het ‘n “Z” vertoon wat teen sy bors vasgeplak was, toe hy langs die goue medaljewenner, Illia Kovtun van die Oekraïne gestaan het. Die internasionale gimnastiekfederasie sê Kuliak moet nou sy medalje en prysgeld teruggee, maar hy mag binne 21 dae appèl aanteken.