Maties ondersoek nog ‘n rassistiese voorval

Die Universiteit Stellenbosch het bevestig hy ondersoek tans nog ‘n beweerde rassevoorval op die kampus. Volgens die universiteit het die voorval verlede Donderdag by die regsdans plaasgevind toe rassistiese aanmerkings teenoor ‘n vroulike student gemaak is. Die owerheid het  die betrokke student ontmoet en haar gehelp met die proses om dit by die universiteit se gelykheidseenheid aan te gee. Dit volg na nog ‘n voorval waar ‘n wit student geskors is nadat hy op video vasgevang is waar hy op die besittings van ‘n swart eerstejaar-student urineer.