Finland sê geen kernwapens of NAVO-basisse op sy grondgebied nie

Finland wil nie hê dat NAVO kernwapens moet ontplooi of militêre basisse op sy grondgebied oprig nie, selfs al word Finland ‘n lid. Dit is volgens die Finse premier Sanna Marin. Finland en Swede het Woensdag formeel aansoek gedoen om by die NAVO-alliansie aan te sluit, ‘n besluit wat aangespoor is deur Rusland se inval in […]

Read More

Top Gun se opvolgrolprent reeds in 1986 bespreek

Daar is groot opgewondenheid vir die tweede Top Gun-rolprent, Top Gun Maverick. Die eerste premier ter wêreld is op 21 Mei by die Canne-filmfees en daarna maak die rolprent wêreldwyd in teaters oop op 27 Mei. Tom Cruise, natuurlik weer die held, sê die rolprent se storielyn is reeds in 1986 bespreek.

Read More

Old Mutual hou 12de Vroueberaad aan die kus

Die Old Mutual Vroueberaad word op 25 Junie in Swakopmund gehou. Die tema vir vanjaar se geleentheid is ‘Verseker jou finansiële toekoms’. Verskeie sprekers sal kundigheid en kennis deel, soos Ashante Manetti, Old Mutual se bemarkingsbestuurder verduidelik.

Read More

FIMA steeds in die nuus…

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië en die Namibiese Besparings en Beleggings Vereniging het die nou omstrede FIMA-wetgewing bespreek. Die finansminister Ipumbu Shiimi het die implementering van die wet, wat op 1 Oktober sou plaasvind, vir eers uitgestel as gevolg van die bepaling dat net 25 persent van aftreefondse voor die ouderdom van 55 uitbetaal kan word. Maar, dit is net uitgestel […]

Read More

Olifante teister boere in Kavango Wes

Kleinskaalse boere in die Ndonga-Linena kiesafdeling in die Kavango Wes-streek gaan gebuk onder konflik met olifante. Die raadslid vir die kiesafdeling Michael Kampola sê talle landerye is verwoes en daar blyk om geen einde te wees nie. Kampola sê die sake is reeds almal aangemeld by die omgewingsministerie en beamptes het reeds die skade kom ondersoek, maar geen betalings om die boere te kompenseer is […]

Read More

EFF is gekant teen nuwe gesondheid wetsontwerp

Die EFF sê die huidige Nasionale Gesondheidsversekering-wetsontwerp, erken nie die verskil wat tussen die openbare en privaat gesondheidsorg-sektore bestaan nie. Die meerderheid van die ANC in die portefeuljekomitee oor Gesondheid, het ten gunste van die wetsontwerp gestem terwyl opposisiepartye dit verwerp het. Dit sal nou in die parlement debatteer word, waarna gestem en dit waarskynlik […]

Read More

Aap-pokke is nou ook in Portugal, dalk Spanje

’n Handvol gevalle van aap-pokke is aangemeld in die Verenigde Koninkryk, Portugal en Spanje. Dit kom nadat Nigerië onlangs die siekte bevestig het wat kort daarna sy verskyning in Londen gemaak het na ‘n persoon vanaf Nigerië na die stad gereis het. Daar twee hoofstamme van die tipe pokke: die Kongo-stam, wat ernstiger is – met tot 10 […]

Read More

Staking by Meulens afgeweer

Die beplande staking by Namib Mills, wat se datum geheim gehou is deur die Solidarity-vakbond, is afgeweer. Die bestuur van die maatskappy het weer in gesprek met die vakbond getree en ‘n loonooreenkoms is pas onderteken. Die vakbond se hoof van operasies, Joseph //Garoëb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. //Garoëb het die bestuur van Namib […]

Read More

Samewerking met Angola belangrik vir beleggings in gas-tot-krag

Sakelui in Namibië en Angola is aangemoedig om in die olie- en gassektor te belê om die ekonomie van die lande op te hef, terwyl betroubare en bekostigbare elektrisiteit van kritieke belang is vir enige ekonomiese groei. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge, het die opmerkings gemaak by ‘n sakeforum by Helao Nafidi […]

Read More

Dit gaan beter met boere in die Kunene

Boere in die Kunene-streek boer tans onder beter omstandighede ná die reën wat in die begin van die jaar ontvang is. Oor die afgelope dekade het dié streek ongekende droogtes en vloede ervaar wat tot die verlies van hul primêre lewensbestaan gelei het. Die meeste inwoners het dit moeilik gevind om hul lewensbestaan te volhou […]

Read More