FIMA steeds in die nuus…

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië en die Namibiese Besparings en Beleggings Vereniging het die nou omstrede FIMA-wetgewing bespreek. Die finansminister Ipumbu Shiimi het die implementering van die wet, wat op 1 Oktober sou plaasvind, vir eers uitgestel as gevolg van die bepaling dat net 25 persent van aftreefondse voor die ouderdom van 55 uitbetaal kan word. Maar, dit is net uitgestel en nie afgestel nie. Die sekretaris-generaal van die Vakbond-federasie van Namibië, Tucna, Mahongora Kavihuha sê vakbonde is nie geken in die optrek van die wetgewing nie.  

Hy voeg by die Jan Alleman ook glad nie die dokument verstaan nie.