Samewerking met Angola belangrik vir beleggings in gas-tot-krag

Sakelui in Namibië en Angola is aangemoedig om in die olie- en gassektor te belê om die ekonomie van die lande op te hef, terwyl betroubare en bekostigbare elektrisiteit van kritieke belang is vir enige ekonomiese groei. Netumbo Nandi-Ndaitwah, adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge, het die opmerkings gemaak by ‘n sakeforum by Helao Nafidi in die Ohangwena-streek. Sy sê sakelui moet elektrisiteitsopwekkingsgeleenthede aangryp deur te belê in gas-tot-kragopwekking sowel as hernubare energie soos son en wind. Olie was jare lank ‘n steunpilaar van die Angolese ekonomie, wat sowat 50 persent van die land se bruto binnelandse produk bygedra het en sowat 89 persent van uitvoere. Ekoonom Mally Likukela sê samewerking tussen Namibië en Angola op dié gebied is uiters belangrik.