Dit gaan beter met boere in die Kunene

Boere in die Kunene-streek boer tans onder beter omstandighede ná die reën wat in die begin van die jaar ontvang is. Oor die afgelope dekade het dié streek ongekende droogtes en vloede ervaar wat tot die verlies van hul primêre lewensbestaan gelei het. Die meeste inwoners het dit moeilik gevind om hul lewensbestaan te volhou en gemeenskappe het in armoede verval. Die situasie is nou effens beter, volgens ‘n boer in die streek, Dudu Murorwa.