Saai wil dagga-wet aanspreek

Die Suider-Afrika Agri-Inisiatief, Saai, het dokumente ingedien om beswaar te maak teen elemente van die Wetsontwerp op die Private Gebruik van Dagga. Die wetsontwerp stipuleer reëls vir daggagebruik tuis en mense wat dagga wil plant. Dit maak ook voorsiening vir kommersiële aktiwiteite met betrekking tot daggagebruik vir ontspanning. Saai sê dit moedig ‘n wettige en […]

Read More

Britte soek stappe oor lewenskoste

Die hoof van die Britse Deltapoll-maatskappy Joe Twyman sê Britte wil oplossings hê en wil sien dat daar beleidsaanpassings is om die lewenskoste in die land, wat die hoogte ingeskiet het, aan te spreek. Deltapoll doen openbare peilings in die land.

Read More

Onmin op Okahandja oor ‘ongemagtidge’ betaling van N$4,7m

Die onmin op Okahandja duur voort. Die Swapo-beheerde dorpsraad het net meer as 4,7 miljoen Namibiese dollar aan ‘n maatskappy CEPM uitbetaal, ingevolge ‘n resolusie wat deur die vorige raad, voor die onlangse verkiesings, goedgekeur is. Die maatskappy moes volgens berigte verskeie padwerke en meer voltooi het maar net 2 miljoen dollar was vir Otjozondjupa […]

Read More

Terwyl daar minder totale rokers is, is daar meer tieners wat rook

Die hoeveelheid rokers het vir die eerste keer op rekord wêreldwyd gedaal, volgens ‘n nuwe verslag oor tabakgebruik deur ‘n groep vir openbare gesondheid, en Amerikaanse akademici. Maar terwyl daar ‘n algehele afname is, is daar in sekere dele van die wêreld ‘n groeiende aantal rokers, onder wie jong tieners. Wêreldwyd is daar 1,1 miljard rokers plus 200 miljoen mense […]

Read More

eThekwini berei weer voor vir swaar reën

eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, het rampbestuurpersoneel opdrag gegee om op bystand te wees nadat stormagtige weerstoestande vir die naweek in KwaZulu-Natal voorspel word. Dit sal met swaar reën gepaard gaan, wat plaaslik oorstromings kan veroorsaak. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, waarsku inwoners in laagliggende gebiede om na hoër gebiede te ontruim omdat modderstortings […]

Read More

Aap-pokke versprei verder in Europa

Die jongste gevalle van aap-pokke word in Frankryk, Italië, Swede en Australië ondersoek. Dit volg op bevestigde gevalle vroeër die week in die VSA, Spanje, Portugal, en Kanada. Aap-pokke is ‘n seldsame siekte en word deur die aap-pokke-virus veroorsaak. Die siekte kom meer algemeen in Sentraal- en Oos-Afrika voor. Internasionale media berig hoewel geen entstof […]

Read More

Dis bibberweer by Grünau en dit voel soos die Kaap

Wanneer Namibië koud kry, veral soos vandag in die sentrale gebiede, dan is die verre Suide nog kouer. Die weerdiens het ‘n baie koue naweek voorspel en Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer by Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau om uit te vind presies hoe koud dit by hulle is.

Read More

Ongemagtigde pluimvee-invoere kelder plaaslike groei

Die pluimveesektor in Namibië het die afgelope jare geweldige groei beleef. Van produksie van ‘n beraamde 536 miljoen Namibiese dollar in 2016 tot 1,2 miljard Namibiese dollar in 2021 was daar groei van 124 persent. Die Namibiese Landbou-unie sê die groei is te danke aan ‘n toename in die aantal klein en medium pluimveeprodusente en hul produkte. Maar, die […]

Read More

PDM hou dialoog oor rol van opposisie

Die kantoor van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement, gaan op 24 Mei ‘n openbare dialoogsessie by die Nust-ouditorium in Windhoek hou. Die dialoog sal fokus op die rol van die amptelike opposisie in hedendaagse politieke bedeling. Die leier, McHenry Venaani, sal deur kundiges in die politieke veld vergesel word om die onderwerp te […]

Read More

Outa vra Enoch vir verlenging van heffingverligting

Die organisasie teen belastingmisbruik, Outa, doen ‘n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die tydelike verligting van R1.50 op die algemene brandstofheffing tot ná die 31ste van die maand te verleng. Die regering het in Maart gesê die tydelike verlaging is om brandstofstygings op die kort termyn in te faseer. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê […]

Read More