Dis bibberweer by Grünau en dit voel soos die Kaap

Wanneer Namibië koud kry, veral soos vandag in die sentrale gebiede, dan is die verre Suide nog kouer. Die weerdiens het ‘n baie koue naweek voorspel en Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer by Dolf de Wet van plaas Michberg naby Grünau om uit te vind presies hoe koud dit by hulle is.