eThekwini berei weer voor vir swaar reën

eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, het rampbestuurpersoneel opdrag gegee om op bystand te wees nadat stormagtige weerstoestande vir die naweek in KwaZulu-Natal voorspel word. Dit sal met swaar reën gepaard gaan, wat plaaslik oorstromings kan veroorsaak. Die munisipaliteit se woordvoerder, Msawakhe Mayisela, waarsku inwoners in laagliggende gebiede om na hoër gebiede te ontruim omdat modderstortings verwag word: