Onmin op Okahandja oor ‘ongemagtidge’ betaling van N$4,7m

Die onmin op Okahandja duur voort. Die Swapo-beheerde dorpsraad het net meer as 4,7 miljoen Namibiese dollar aan ‘n maatskappy CEPM uitbetaal, ingevolge ‘n resolusie wat deur die vorige raad, voor die onlangse verkiesings, goedgekeur is. Die maatskappy moes volgens berigte verskeie padwerke en meer voltooi het maar net 2 miljoen dollar was vir Otjozondjupa geallokeer. Drie van die raadslede, Charl Coetzee, Natasha Brinkman en Akser Aupindi maak nou amok oor die betaling. Coetzee het met Komsos 94.1 Nuus gepraat oor wat volgende is.