Outa vra Enoch vir verlenging van heffingverligting

Die organisasie teen belastingmisbruik, Outa, doen ‘n beroep op die minister van finansies, Enoch Godongwana, om die tydelike verligting van R1.50 op die algemene brandstofheffing tot ná die 31ste van die maand te verleng. Die regering het in Maart gesê die tydelike verlaging is om brandstofstygings op die kort termyn in te faseer. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, sê ‘n verlenging gee die minister geleentheid vir groter besparings in die openbare sektor: