Saai wil dagga-wet aanspreek

Die Suider-Afrika Agri-Inisiatief, Saai, het dokumente ingedien om beswaar te maak teen elemente van die Wetsontwerp op die Private Gebruik van Dagga. Die wetsontwerp stipuleer reëls vir daggagebruik tuis en mense wat dagga wil plant. Dit maak ook voorsiening vir kommersiële aktiwiteite met betrekking tot daggagebruik vir ontspanning. Saai sê dit moedig ‘n wettige en goed gereguleerde daggabedryf aan wat ekonomiese groei bevorder, maar nie skade doen nie. Die organisasie sê verder die dagga-wetsontwerp moet aangepas word om so gou moontlik wettige handel toe te laat.