Aap-pokke versprei verder in Europa

Die jongste gevalle van aap-pokke word in Frankryk, Italië, Swede en Australië ondersoek. Dit volg op bevestigde gevalle vroeër die week in die VSA, Spanje, Portugal, en Kanada. Aap-pokke is ‘n seldsame siekte en word deur die aap-pokke-virus veroorsaak. Die siekte kom meer algemeen in Sentraal- en Oos-Afrika voor. Internasionale media berig hoewel geen entstof teen aap-pokke in Europa goedgekeur is nie, het Spaanse gesondheidsowerhede na wat berig word duisende pokke-entstowwe aangeskaf om die siekte hok te slaan.