Ministerie bevestig kinderarbeid in Namibië

Die arbeidsministerie sê hy het gedurende inspeksies op kinderarbeid in die land afgekom, veral in huishoudelike werk, landbou en die informele sektor. Volgens Anna Salkeus, woordvoerder van die ministerie is die hoof dryfvere hiervoor armoede en kultuur. Die ministerie sê die sake is aangespreek en maan dat verdere inspeksies gedoen sal word. 

Read More

Onthou tog om na die bye te kyk

Die Verenigde Nasies moedig mense wêreldwyd aan om die belangrike rol te vier wat bye speel in die volhouding van die voedselvoorraad en hulle bydrae tot bioverskeidenheid. Vandag is Wêreld-byedag, onder die tema “Wees Betrokke: Die viering van by-verskeidenheid en byeboerstelsels.” Die dag erken die belangrikheid van bye en ander bestuiwers in die ekostelsel. Die VN sê sonder […]

Read More

Fase 2-beurtkrag SA se voorland die naweek

Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag sal vanaf vyf-uur vanmiddag tot tien-uur vanaand in die buurland toegepas word, weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë. Beurtkrag sal Saterdag- en Sondagaand op die dieselfde tyd herhaal word. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê Eskom sal die stelsel fyn dophou en aanpassings maak en daaroor kommunikeer soos wat nodig […]

Read More

NEF sê oor vervalste goedere

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se konfiskering en vernietiging van vervalste goedere ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar ná onwettige invoere in die land, het in massa-betogings ontaard. NamRA se kommissaris Sam Shivute het tydens ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê hy sal nie toelaat dat Namibië ‘n stortingsterrein vir vervalste goedere […]

Read More

Maties stel kommissie aan om ondersoek in te stel

Die Universiteit Stellenbosch het bevestig hy sal ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek stig om ras- en geslagsongelykhede te hanteer. Die universiteit se rektor en visekanselier, Wim de Villiers, sê ‘n gerespekteerde regter sal die ondersoek lei. Hy het die voorval van ‘n wit student wat op ‘n swart student se skryfbehoeftes geürineer het, as skandelik […]

Read More

Hawe-uitdagings duur voort vir sitrus

Die Sitruskwekersvereniging in Suid-Afrika sê die sitrusbedryf sal dié seisoen na verwagting 170 miljoen kartonhouers uitvoer, maar indien bestaande probleme by die land se hawens voortduur, sal die sitrus moeilik sleutelmarkte bereik. Vertragings by hawens bedreig die langtermyn-volhoubaarheid en winsgewendheid van die sitrusbedryf. Die Durban-hawe, wat 60 persent van die land se sitrusuitvoer hanteer, word deur die onlangse vloede in KwaZulu-Natal geraak. Die vereniging […]

Read More

Prins Charles sê die natuur se tyd loop uit

Die prins van Wallis het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om met inheemse kundiges saam te werk sodat die harmonie in die natuur herstel kan word. Hy het dié uitlatings gemaak tydens ‘n besoek aan ‘n afgeleë Kanadese buitepos waar ‘n stryd teen klimaatsverandering gevoer word. Die besoek is deel van die laaste gedeelte van […]

Read More

Wes-Kaap begroot meer as R50m vir voedselondersteuning

Die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het in die 2022-2023 boekjaar 50,6 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir voedselverligtingsprogramme beskikbaar gestel. Dit is in reaksie op die voedselkrisis wat meegebring is deur die Covid-19-pandemie. Die woordvoerder van die departement, Joshua Covenant Chigome, sê hulle verskaf op die oomblik voedingsteun by 109 kospersele deur gemeenskapsvoedings-ontwikkelingsentrums waardeur 9 620 […]

Read More

Skoolkalender so aangepas

Die Namibiese ministerie van onderwys het aanpassings aan die 2022-skoolkalender gemaak. In ‘n verklaring sê die uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp dat die wintervakansie met een week verkort is en dus maak skole op 18 Julie vir leerders vir die tweede semester oop. Die mid-termyn vakansie vir die tweede semester is vanaf 3 tot 7 Oktober. Die […]

Read More

Sorris-brande: Omvang van skade nog nie bekend nie

Die vuur tussen Khorixas en Brandberg wat Maandagmiddag ontstaan het in die Sorris Sorris-bewaringsgebied het Donderdagmiddag weer begin brand maar ontvang op die oomblik aandag. Op ‘n stadium was die brand meer as 134 vierkante kilometer groot. Kosmos 94.1 Nuus het met een van die inwoners Ulrich Jagger gepraat oor die omvang van die skade maar dit is nog nie bekend […]

Read More