Sorris-brande: Omvang van skade nog nie bekend nie

Die vuur tussen Khorixas en Brandberg wat Maandagmiddag ontstaan het in die Sorris Sorris-bewaringsgebied het Donderdagmiddag weer begin brand maar ontvang op die oomblik aandag. Op ‘n stadium was die brand meer as 134 vierkante kilometer groot. Kosmos 94.1 Nuus het met een van die inwoners Ulrich Jagger gepraat oor die omvang van die skade maar dit is nog nie bekend nie.