Ministerie bevestig kinderarbeid in Namibië

Die arbeidsministerie sê hy het gedurende inspeksies op kinderarbeid in die land afgekom, veral in huishoudelike werk, landbou en die informele sektor. Volgens Anna Salkeus, woordvoerder van die ministerie is die hoof dryfvere hiervoor armoede en kultuur.

Die ministerie sê die sake is aangespreek en maan dat verdere inspeksies gedoen sal word.