Onthou tog om na die bye te kyk

Die Verenigde Nasies moedig mense wêreldwyd aan om die belangrike rol te vier wat bye speel in die volhouding van die voedselvoorraad en hulle bydrae tot bioverskeidenheid. Vandag is Wêreld-byedag, onder die tema “Wees Betrokke: Die viering van by-verskeidenheid en byeboerstelsels.” Die dag erken die belangrikheid van bye en ander bestuiwers in die ekostelsel. Die VN sê sonder bye sal voedsel skaars wees en ‘n groot deel van die bevolking sal sterf aan hongersnood. Dit is omdat bye landbouproduksie in die wêreld laat toeneem deur bestuiwing.