Prins Charles sê die natuur se tyd loop uit

Die prins van Wallis het ‘n beroep op wêreldleiers gedoen om met inheemse kundiges saam te werk sodat die harmonie in die natuur herstel kan word. Hy het dié uitlatings gemaak tydens ‘n besoek aan ‘n afgeleë Kanadese buitepos waar ‘n stryd teen klimaatsverandering gevoer word. Die besoek is deel van die laaste gedeelte van die drie dae lange koninklike besoek aan dié land. Prins Charles sê die tyd raak min om oplossings vir klimaatsverandering en ‘n verlies aan biodiversiteit te vind. Hy het onlangs ook ‘n pleidooi gemaak vir die beskerming van die wêreld se oseane.