Skoolkalender so aangepas

Die Namibiese ministerie van onderwys het aanpassings aan die 2022-skoolkalender gemaak. In ‘n verklaring sê die uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp dat die wintervakansie met een week verkort is en dus maak skole op 18 Julie vir leerders vir die tweede semester oop. Die mid-termyn vakansie vir die tweede semester is vanaf 3 tot 7 Oktober. Die laaste skooldag vir die akademiese jaar is nou op 7 Desember.