Ramaphosa: Mpumalanga-boere moet bydra tot groei van SA ekonomie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering fokus daarop om boere in Mpumalanga by te staan sodat hulle tot die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie kan bydra. Hy het tydens ‘n presidensiële Imbizo in Carolina verteenwoordigers van klein, medium en groot ondernemings toegespreek. Hulle het van die uitdagings gedeel het wat hulle as entrepreneurs in […]

Read More

Dag Zero bedreig steeds Nelson Mandelabaai

Dag Zero bedreig steeds Nelson Mandelabaai ten spyte van onlangse reën. Die plaaslike weerkantoor waarsku die streek kan nog nie gerus raak nie, maar is minstens ‘n blaaskans gegee om dag zero af te weer. Nog reën word vandag oor groot dele van die Oos-Kaap verwag, met ‘n vlak vyf waarskuwing wat in verskeie munisipaliteite uitgereik is. […]

Read More

O&L ondersoek hernubare energie in Duitsland

Die voorsitter van die Ohlthaver en List-groep Sven Thieme is tans in Duitsland om ondersoek in te stel na hernubare energie, beide sonkrag en groen-waterstof, waarin die maatskappy plaaslik belê. Thieme het vanuit Duitsland meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus verskaf.

Read More

Duitse kanselier kuier volgende week by Cyril

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ontvang die Duitse kanselier Olaf Scholz Dinsdag in Pretoria. Scholz het in Desember verlede jaar die pos oorgeneem. Dit is sy eerste amptelike besoek aan Suid-Afrika as die vasteland se grootste nywerheids-ekonomie. Sy voorganger, Angela Merkel, het Afrika as ‘n prioriteit beskou en programme ingestel soos die Ooreenkoms met Afrika, om ekonomiese […]

Read More

Nuwe Covid-gevalle in Sjanghai, maar oopmaak is op dreef

Sjanghai het vir die eerste keer nuwe Covid-gevalle buite kwarantyngebiede aangemeld ná vyf dae van geen infeksies nie. Dit het gelei tot strenger inperkings in een distrik maar planne om teen 1 Junie die inperking te beëindig is steeds van krag. Die nuwe gevalle, drie van hulle, is almal uit dieselfde gesin. Hulle het nie die gebied verlaat […]

Read More

Namcor, Mulunga op vasteland vereer

Namcor se besturende direkteur, Immanuel Mulunga het die Legende-toekenning bydie Afrika Energie-beraad ontvang. Die toekenning erken buitengewone bydrae aan die energiesektor in Afrika. Namcor het ook die toekenning gewen vir top-nasionale oliemaatskappy op die vasteland. Mulunga sê dis alles as gevolg van harde werk.

Read More

Lugballonloods vlieg hoog!

Suid-Afrika se eerste swart lugballonvlieënier sal haar stempel in die sport afdruk by die komende Suid-Afrikaanse Warmlugballon-kampioenskap wat vir Junie geskeduleer is. Semakaleng Mathebula het haar lisensie in die sport verwerf en sê sy hoop om ‘n ambassadeur van die sport te word en om die jeug aan te moedig om deel te neem:

Read More

Uitegebreide reise deur GRN: Dis ‘n fyn balans

Die Namibiese regering stuur weereens ‘n groot afvaardiging volgende week na Davos in Switserland. Verskeie ministers sowel as sakelui sal President Hage Geingob vergesel. ‘n Geleentheid word deur die land aangebied op 24 Mei oor groen-waterstof energie geleenthede in Namibië. Die regering het onlangs ses maande in Dubai spandeer en het reeds verskeie reise onderneem […]

Read More

Banke bring 86 aansoeke in mosiehof

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehofrol in die hoofstad vanoggend. Regters Eileen Rakow en Herman Oosthuizen het 148 aansoeke vir verstekvonnisse, waarvan 18 reël 108 aansoeke was, deurgewerk. Kommersiële banke het 86 van die aansoeke gebring en vir die eerste keer was die Angolese BIC Bank ook op die rol. Twee voertuie is  opgeëis met veertig onbetaalde lenings […]

Read More

Boere moet loonopgawes indien

Die Landbou Werkgewers-vereniging herinner alle lede dat die jongste loonopgawe wat die kantoor teen 31 Mei 2022 moet bereik. Tot op datum is slegs 204 voltooide vorms ontvang wat minder as 11 persent van die ledetal uitmaak. Danie van Vuuren van die vereniging het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More