Dag Zero bedreig steeds Nelson Mandelabaai

Dag Zero bedreig steeds Nelson Mandelabaai ten spyte van onlangse reën. Die plaaslike weerkantoor waarsku die streek kan nog nie gerus raak nie, maar is minstens ‘n blaaskans gegee om dag zero af te weer. Nog reën word vandag oor groot dele van die Oos-Kaap verwag, met ‘n vlak vyf waarskuwing wat in verskeie munisipaliteite uitgereik is. Die woordvoerder, Garth Sampson, sê hulle hoop op ‘n verdere persentasiestyging in die damvlakke, wat dag zero heeltemal sal uitskuif.