Duitse kanselier kuier volgende week by Cyril

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa ontvang die Duitse kanselier Olaf Scholz Dinsdag in Pretoria. Scholz het in Desember verlede jaar die pos oorgeneem. Dit is sy eerste amptelike besoek aan Suid-Afrika as die vasteland se grootste nywerheids-ekonomie. Sy voorganger, Angela Merkel, het Afrika as ‘n prioriteit beskou en programme ingestel soos die Ooreenkoms met Afrika, om ekonomiese samewerking te versterk. Duitsland se ekonomie is die grootste in Europa en die vierde-grootste ter wêreld.