Uitegebreide reise deur GRN: Dis ‘n fyn balans

Die Namibiese regering stuur weereens ‘n groot afvaardiging volgende week na Davos in Switserland. Verskeie ministers sowel as sakelui sal President Hage Geingob vergesel. ‘n Geleentheid word deur die land aangebied op 24 Mei oor groen-waterstof energie geleenthede in Namibië. Die regering het onlangs ses maande in Dubai spandeer en het reeds verskeie reise onderneem maar, beleggings ontbreek steeds. Gabriel Erastus, ‘n plaaslike ekonoom sê dit is eintlik ‘n delikate balans wat gehandhaaf moet word.