Namcor, Mulunga op vasteland vereer

Namcor se besturende direkteur, Immanuel Mulunga het die Legende-toekenning bydie Afrika Energie-beraad ontvang. Die toekenning erken buitengewone bydrae aan die energiesektor in Afrika. Namcor het ook die toekenning gewen vir top-nasionale oliemaatskappy op die vasteland. Mulunga sê dis alles as gevolg van harde werk.