Ramaphosa: Mpumalanga-boere moet bydra tot groei van SA ekonomie

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê die regering fokus daarop om boere in Mpumalanga by te staan sodat hulle tot die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie kan bydra. Hy het tydens ‘n presidensiële Imbizo in Carolina verteenwoordigers van klein, medium en groot ondernemings toegespreek. Hulle het van die uitdagings gedeel het wat hulle as entrepreneurs in die provinsie ervaar. Ramaphosa sê indien plaaslike regerings nie behoorlik funksioneer nie, sal plaaslike ondernemings nie kan floreer nie.