Nuwe Covid-gevalle in Sjanghai, maar oopmaak is op dreef

Sjanghai het vir die eerste keer nuwe Covid-gevalle buite kwarantyngebiede aangemeld ná vyf dae van geen infeksies nie. Dit het gelei tot strenger inperkings in een distrik maar planne om teen 1 Junie die inperking te beëindig is steeds van krag. Die nuwe gevalle, drie van hulle, is almal uit dieselfde gesin. Hulle het nie die gebied verlaat nie maar, daar waar hulle inkopies gedoen het is winkels reeds gesluit. Stadsamptenare sê openbare parke sal vanaf Sondag in die stad weer heropen. ’n Plan om vier metrolyne van Sondag af te heropen, bly ook op koers.