AR distansieer hom van NEFF-bedrywighede
Die Affirmative Repositioning-beweging distansieer homself van die onlangse protesaksies by werksplekke sowel as China Town in die hoofstad. Sy stigter en leier, Job Amupanda sê die beweging het wel groot kommer oor die mishandeling van werkers en voorkeur wat baie keer aan buitelanders gegee word maar, hy is nie deel van die Namibia Economic Freedom Fighters se pogings en bedrwyighede nie. Hy sê AR-aktiviste wat aan […]
Cruz weier om te antwoord oor massaskietery wat net in VSA plaasvind
Die massaskietvoorval by die Robb-laerskool in Uvalde, Texas, bly in die nuus. Die fokus het nou geskuif na beter wapenbeheer en die Republikeinse Party is tradisioneel geaffilieer met die National Rifle Association wat ook baie befondsing aan sy kandidate gee en talle politieke verbintenisse met die party het. Media het senator Ted Cruz, ‘n groot […]
ANC lieg oor herstelwerk in KZN – IFP
Die Inkatha Vryheidsparty se leier in eThekwini, Mdu Nkosi, sê die ANC-regering kan nie vertrou word met vloedverligtingsfondse na die verwoestende oorstromings in KwaZulu-Natal nie. Nkosi het die regering daarvan beskuldig dat hy ‘n vals verslag aan die media gegee het oor die vordering wat gemaak is met die herstel van beskadigde infrastruktuur:
Harnas sal hand en tand terugbaklei
Die eienaar van die Harnas-stigting, Marieta van der Merwe, het in ‘n mediaverklaring gesê dat sy die Namibiese omgewingsministerie met hand en tand in die hof sal beveg nadat sy daarvan aangekla is dat sy tien leeus sonder permitte op Harnas aanhou. Sy het gesê beamptes van die beskermde hulpbronne-departement van die ministerie het Harnas Sondag […]
Groot kommer oor stompkop-kewer in SA
Die DA het sy kommer uitgespreek oor die potensiële bedreiging vir Suid-Afrika se bome weens die indringer stompkop-kewer. Daar word berig die geraamde skade van die plaag kan tot 275 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop. Die DA-lid, Dave Bryant, het ‘n beroep op die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, gedoen om ‘n […]
Kevin Spacey in Brittanje aangekla
Britse aanklaers het aangekondig die Hollywood-akteur, Kevin Spacey, sal teregstaan op vier aanklagte van die seksuele aanranding van drie mans. Die beweerde voorvalle het tussen 2005 en 2013 in Londen en Gloucester plaasgevind. Die 62-jarige Spacy se loopbaan het ‘n knou gekry toe bewerings teen hom in 2017 na vore begin kom het. Rosemary Ainslie […]
Voormalige voorsitter van Sportkommissie stil oor afdanking
Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, het Dinsdag die hele raad van die Namibiese Sportkommissie van hul pligte onthef. Volgens ‘n mediaverklaring van die sportministerie is dit weens hul opsetlike ongehoorsaamheid en dat hulle die uitvoering van hul opdragte geïgnoreer het. Die afgedankte raadslede is Joel Matheus, Erica Beukes, Tomas Mbeeli, Alna Similo, Linda Chicalu, Marius […]
Australiese maatskappy, Worley, wil belê in Namibiese groen waterstof-projek
Die hoof uitvoerende beampte van die Australiese energie-firma Worley, Chris Ashton, het gesê dat sy maatskappy gereed is om Namibië se groen Waterstof-teikens te ondersteun. Ashton het vanoggend tydens die ontbytvergadering oor groen waterstof by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, Switserland, gesê Namibië het ‘n duidelike strategie en met groot natuurlike hulpbronne vir hernubare […]
Lof vir Welwitschia Welvaartsfonds
Simonis Storm prys die regering vir sy inisiatief, die stigting van die Welwitschia Welvaartsfonds. Kommer heers egter oor die aktiewe daaglikse bestuur van die fonds, waar potensiële risiko’s van wanbesteding en bedrog nie geïgnoreer kan word nie. Soewereine welvaartsfondse het al in talle lande gefaal. Simonis Storm se ekonoom Theo Klein …
Stompkop-kewer is grootste uitbreking van indringerplaag wêreldwyd
Die potensiële impak van die stompkop-kewer op die Suid-Afrikaanse ekonomie van Suid-Afrika, kan ’n yslike R275 miljard oor die volgende tien jaar beloop, en munisipaliteite sal hierdie las moet dra indien niks gedoen word om hierdie indringer te stuit nie. Die stompkop-kewer is in 2012 vir die eerste keer in Suid-Afrika opgemerk en het sedertdien […]