Groot kommer oor stompkop-kewer in SA

Die DA het sy kommer uitgespreek oor die potensiële bedreiging vir Suid-Afrika se bome weens die indringer stompkop-kewer. Daar word berig die geraamde skade van die plaag kan tot 275 miljard Suid-Afrikaanse rand beloop. Die DA-lid, Dave Bryant, het ‘n beroep op die minister van bosbou, visserye en die omgewing, Barbara Creecy, gedoen om ‘n noodvergadering met alle regeringsfere te belê.