Kevin Spacey in Brittanje aangekla

Britse aanklaers het aangekondig die Hollywood-akteur, Kevin Spacey, sal teregstaan op vier aanklagte van die seksuele aanranding van drie mans. Die beweerde voorvalle het tussen 2005 en 2013 in Londen en Gloucester plaasgevind. Die 62-jarige Spacy se loopbaan het ‘n knou gekry toe bewerings teen hom in 2017 na vore begin kom het. Rosemary Ainslie van die vervolgingsdiens se Spesiale Misdaadafdeling sê die aanklagte volg op ‘n hersiening van bewyse wat die Metropolisie ingesamel het. Spacey het bekendheid verwef vir sy rolle in rolprente en televisiereekse soos The Usual Suspects en House of Cards.